1 Chronicles 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba af tot by Dan; en bring hulle getal na my toe, dat ek dit kan weet.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het opdrag aan Joab en sy offisiere gegee: “Gaan neem ’n sensus op van al die mense in die land, van Berseba in die suide tot Dan in die noorde. En bring dan vir my die uitslag sodat ek kan weet hoeveel mense daar is.”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israelvan Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.
Afrikaans 1983 Dawid het vir Joab en die gesaghebbers van die volk gesê: “Gaan maak 'n opname van Israel van die suide tot die noorde en doen aan my verslag dat ek kan weet hoeveel hulle is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid sê toe vir Joab en die •aanvoerders van die manskappe: “Gaan tel die Israeliete van Berseba tot by Dan, en bring vir my die uitslag, sodat ek kan weet wat hulle getal is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Joab en die leiers van die volk gesê: “Julle moet al die Israeliete gaan tel, van die stad Berseba tot by die stad Dan, en julle moet vir my kom sê hoeveel mense hulle is, ek wil dit weet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe vir Joab en sy offisiere beveel: “Gaan tel al die mense in Israel, van Berseba in die suide af tot by Dan in die verre noorde. Bring dan vir my die inligting, sodat ek kan weet hoeveel mense daar is.”