1 Chronicles 21:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die Engel van die HERE vir Gad bevel gegee om aan Dawid te sê dat Dawid moet optrek en vir die HERE 'n altaar oprig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel van die Here het vir Gad gesê om Dawid te beveel om ’n altaar vir die Here te gaan bou op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
Afrikaans 1933/1953 Daarop gee die engel van die HERE bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans 1983 Die engel van die Here het toe vir Gad opdrag gegee om vir Dawid te sê hy moet vir die Here 'n altaar gaan oprig op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel van die Here het toe vir Gad gesê om vir Dawid te sê dat hy, Dawid, moet opgaan om vir die Here 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here het vir Gad gesê hy moet vir Dawid sê hy moet opgaan en hy moet 'n altaar bou op die dorsvloer van die Jebusiet Ornan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel van die Here het toe vir Gad beveel om vir Dawid te sê dat hy ’n altaar op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, moes gaan bou.