1 Chronicles 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir God: Is dit nie ek wat beveel het dat die volk getel moet word nie? selfs ek is dit wat gesondig het en waarlik kwaad gedoen het; maar wat hierdie skape betref, wat het hulle gedoen? laat tog u hand, HERE my God, oor my en oor die huis van my vader wees; maar nie op u volk nie, dat hulle geplaag sou word.
Afrikaans (NLV) 2011 En Dawid het vir God gesê: “Ek was die een wat die sensus beveel het! Ek is die een wat gesondig het en hierdie baie verkeerde ding gedoen het! Maar hierdie mense is onskuldig. Wat het hulle gedoen? O Here my God, laat u woede teen my en my familie ontbrand, maar moenie u volk vernietig nie!”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.
Afrikaans 1983 Dawid het vir God gesê: “Dit is tog ék wat opdrag gegee het om 'n sensus van die volk te hou en ék wat gesondig het. Die herder het kwaad gedoen, maar hierdie kudde, wat het húlle gedoen? Here my God, tree tog teen my en my familie op, maar nie met 'n plaag teen u volk nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het vir God gesê: “Is dit nie ek wat 'n telling onder die manskappe gelas het nie? Ek is die een wat gesondig het en heeltemal verkeerd opgetree het. Maar hierdie kleinvee, wat het hulle gedoen? Here my God, laat u hand asseblief teen my en my familie wees, maar nie teen u volk gerig as 'n plaag nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Dawid vir God: “Dit is ék wat gesê het hulle moet die volk tel, dit is ék wat sonde gedoen het. Dit is ék wat die verkeerde ding gedoen het. Wat het hierdie mense verkeerd gedoen? Niks. U moet vir mý en my familie straf, U moenie u volk straf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe vir God gesê: “Dit was ék wat beveel het dat die volk getel moes word. Dit was my fout en ek het die sonde gedoen. Wat het hierdie arme mense gedoen? Here my God, U kan my en my familie swaar straf, maar spaar tog u volk van die siekte-epidemie!”