1 Chronicles 21:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe slaan Dawid sy oë op en sien die Engel van die HERE tussen die aarde en die hemel staan met 'n ontblote swaard in sy hand wat oor Jerusalem uitgestrek is. Toe val Dawid en die oudstes van Israel, wat met rouklere bekleed was, op hulle aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het opgekyk en die engel van die Here sien staan tussen hemel en aarde met sy ontblote swaard wat oor Jerusalem uitgestrek is. Toe het Dawid en die leiers van Israel in sak en as op die grond neergeval.
Afrikaans 1933/1953 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.
Afrikaans 1983 Toe Dawid opkyk en die engel van die Here tussen hemel en aarde sien staan met sy ontblote swaard in die hand en oor Jerusalem uitgesteek, val Dawid en die leiers met rouklere aan op hulle knieë neer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het opgekyk en die engel van die Here tussen die aarde en die hemel sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, uitgestrek oor Jerusalem. Dawid en die oudstes het toe, bedek met rouklere, neergeval met hulle gesigte teen die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Dawid opkyk, sien hy die Engel van die Here tussen die hemel en die aarde staan. Die Engel het 'n swaard in sy hand gehad en hy het dit oor Jerusalem gehou. Dawid en die leiers van Israel het rouklere aangehad en hulle het laag gebuig met hulle gesigte teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het opgekyk en die engel tussen die aarde en hemel gesien met ’n ontblote swaard wat hy oor Jerusalem uithou. Dawid en die leiers van die volk was baie hartseer en hulle wou dit vir die Here wys. Met rouklere aan het hulle met die gesig op die grond geval.