1 Chronicles 21:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy besig was om te verwoes, het die HERE dit gesien, en Hy het hom berou oor die onheil en aan die engel wat verwoes het, gesê: Dit is genoeg, hou tog jou hand vas. En die Engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 En God het ’n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes. Maar net toe die engel gereed was om die verderf te saai, het die Here berou gekry oor die ellende en vir die engel gesê: “Dis genoeg! Trek nou jou hand terug.” Op daardie oomblik was die engel van die Here by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
Afrikaans 1933/1953 En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
Afrikaans 1983 God het ook 'n engel na Jerusalem toe gestuur om dié uit te delg, maar terwyl hy besig was om verderf te saai, het die Here toegekyk en besluit om die straf nie verder te voer nie. Hy het vir die engel wat die verderf aanrig, gesê: “Dit is nou genoeg! Trek jou hand terug!” Die engel van die Here het by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet gestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes, maar toe hy besig was om verwoesting te saai, het die Here dit gesien, en Hy was jammer oor die ramp. Hy sê toe vir die engel, wat besig was om verwoesting te saai: “Dit is nou genoeg, trek jou hand terug!” Die engel van die Here het toe by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het 'n engel na Jerusalem gestuur om die mense in die stad dood te maak, maar toe die engel dit begin doen, het die Here dit gesien en Hy het besluit dat die straf moet ophou. Hy het vir die engel wat die mense laat sterf het, gesê: “Stop, dit is nou genoeg, laat sak jou hand.” Die Engel van die Here het bly staan by die dorsvloer van die Jebusiet Ornan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het God ’n engel gestuur om Jerusalem ook te vernietig. Toe Hy die verwoesting sien, was die Here jammer daaroor en Hy het vir die engel gesê: “Hou op! Dit is nou genoeg.” Die engel het toe by die dorsvloer van Ornan, ’n Jebusiet, gestaan.