1 Chronicles 21:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Gad: Ek is in 'n groot benoudheid; laat my tog in die hand van die HERE val; want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my nie in die hand van mense val nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is ’n desperate situasie!” het Dawid vir Gad geantwoord. “Maar laat my eerder in die hande van die Here val, want sy genade is baie groot. Moet my tog nie in mense se hande laat val nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is baie groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid vir Gad: “Ek is baie benoud. Mag ek tog in die hand van die Here val, want groot is sy ontferming. Maar mag ek nie in die hande van mense val nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Gad gesê: “Ek het 'n groot probleem. Die Here moet met my doen wat Hy besluit, want Hy is baie genadig. Maar Hy moenie my vir mense gee sodat hulle met my kan doen wat hulle wil nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het geantwoord: “Dit is ’n ontsettend moeilike keuse. Laat die Here my liewers self straf, want sy genade is baie groot. Moet tog net nie dat mense my in die hande kry nie!” |