1 Chronicles 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of drie jaar hongersnood; of drie maande om voor jou teëstanders verdelg te word, terwyl die swaard van jou vyande jou inhaal; of anders drie dae die swaard van die HERE, die pes, in die land, en die Engel van die HERE wat deur al die grondgebiede van Israel vernietig. Vertel jou dan nou watter woord ek aan Hom wat My gestuur het, sal terugbring.
Afrikaans (NLV) 2011 U kan drie jaar van hongersnood kies, drie maande van verwoesting deur u vyande of drie dae van ’n swaar plaag waar die engel van die Here deur die hele land vernietiging bring. Dink hieroor na en laat my weet watter antwoord ek vir die Here moet gee.”
Afrikaans 1933/1953 óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.
Afrikaans 1983 drie jaar hongersnood, of om drie maande lank op die vlug te bly voor jou teenstanders en deur die swaard van jou vyand agterhaal te word, of drie dae waarin die swaard van die Here self en die pes in die land is en die engel van die Here dwarsoor die Israelitiese gebied verderf saai. Besluit nou watter antwoord ek moet terugbring aan Hom wat my gestuur het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) óf drie jaar lank hongersnood, óf drie maande lank weggevoer deur jou teenstanders terwyl die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die Here en pessiekte in die land, terwyl die •engel van die Here deur die hele gebied van Israel verwoesting saai.’ Kyk dan nou watter antwoord ek moet terugneem na Hom wat my gestuur het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wil jy hê daar moet drie jaar lank hongersnood wees, of wil jy drie maande lank vlug vir jou vyande? Hulle sal so naby jou kom dat hulle jou en jou mense kan doodmaak. Of moet die Here self jou mense in die land drie dae lank laat sterf van pes? Moet die Engel van die Here mense in die hele land Israel doodmaak? Jy moet besluit en sê wat ek moet sê vir Hom wat my gestuur het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sê u moet kies tussen: drie jaar hongersnood, drie maande van vernietiging deur u vyande of drie dae van ernstige siekte, terwyl die engel van die Here vernietiging oor die hele land van Israel bring. “Wat kies u, sodat ek dit vir die Here kan gaan sê?”