1 Chronicles 21:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Satan het teen Israel opgestaan en Dawid geterg om Israel te tel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Satan het teen Israel opgestaan en Dawid aangepor om ’n sensus van die Israeliete op te neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel. |
| Afrikaans 1983 | Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om 'n sensus van Israel te hou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Satan het teen Israel opgestaan en Dawid opgesteek om Israel te tel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Satan was teen die Israeliete. Hy het vir Dawid laat besluit om die Israeliete te laat tel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Satan het teen Israel gewerk en Dawid oortuig om al die mense wat in sy koninkryk bly, te laat tel. |