1 Chronicles 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was weer oorlog by Gat, waar 'n man van groot gestalte was, wie se vingers en tone vier-en-twintig, ses aan elke hand en ses aan elke voet was; en hy was ook die seun van die reus.
Afrikaans (NLV) 2011 In nog ’n geveg met die Filistyne by Gat was daar ’n reuse man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, 24 in totaal, ’n afstammeling van die reuse.
Afrikaans 1933/1953 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.
Afrikaans 1983 Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe was daar weer 'n geveg in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet – vier-en-twintig altesaam. Ook hy het van Rafa afgestam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was 'n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, saam was dit 24 vingers en tone. Hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was weer ’n geveg in Gat. Een van die vegters was ’n Refaïet van geboorte. Hy was groot en het ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet gehad, altesaam 24.