1 Chronicles 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was weer oorlog teen die Filistyne; en Elhanan, die seun van Jaïr, het Lahmi, die broer van Goliat, die Gittiet, gedood, wie se spiesstok soos 'n wewersbalk was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In ’n volgende geveg met die Filistyne het Elganan, seun van Jaïr, vir Lagmi, broer van Goliat uit Gat, doodgemaak. Die handvatsel van Lagmi se spies was so dik soos ’n wewersbalk! |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan. |
| Afrikaans 1983 | In 'n ander geveg teen die Filistyne het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi, die broer van Goliat uit Gat, verslaan. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was nog 'n geveg met die Filistyne. Elganan, seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, uit Gat, verslaan. Die skag van sy vegspies was soos die dwarsbalk van 'n weefraam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Israeliete later weer teen die Filistyne oorlog gemaak het, het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi oorwin. Lagmi was 'n broer van Goliat. Goliat het van die stad Gat gekom, en die steel van Lagmi se spies was so dik en so lank soos die balk van 'n weefstoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In nog ’n geveg teen die Filistyne het Elganan, Jaïr se seun, vir Lagmi, Goliat se broer uit Gat, verslaan. Lagmi se spies se steel was so dik soos ’n weefstoel se dwarsbalk. |