1 Chronicles 20:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het daar oorlog teen die Filistyne by Geser ontstaan; in dié tyd het Sibbegai, die Husatiet, Sippai, wat uit die kinders van die reus was, gedood, en hulle is onderwerp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het daar by Geser oorlog teen die Filistyne uitgebreek. Terwyl hulle veg, het Sibbekai van Gusa vir Sippai, ’n afstammeling van die reuse, verslaan. Die Filistyne is onderwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het daar oorlog met die Filistyne in Geser uitgebreek. Daar het Sibbekai die Gusatiet vir Sippai, uit die Refaïetegeslag, verslaan en moes die Filistyne hulle onderwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Tyd daarna het daar in Geser 'n geveg uitgebreek met die Filistyne. Dit was toe dat Sibbegai uit Gusa vir Sippai, uit die nageslag van Rafa, verslaan het; en so is die Filistyne op hulle knieë gedwing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later was daar weer oorlog teen die Filistyne by die stad Geser. Sibbekai van die stad Gusa het daar vir Sippai oorwin. Sippai was van die nageslag van die Rafa-mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het daar oorlog teen die Filistyne in Geser uitgebreek. Sibbekai die Gusatiet het vir Sippai, ’n Refaïet, verslaan en die Filistyne is ook onderwerp. |