1 Chronicles 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die manskappe wat daarin was, uitgebring en hulle met sae en met ystereë en met byle gesny. So het Dawid ook gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. En Dawid en die hele volk het na Jerusalem teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het van die mense van Rabba slawe gemaak en hulle gedwing om met sae, pikke en byle te werk. So het Dawid al die mense van die Ammonitiese stede behandel. Hierna het Dawid en sy leër na Jerusalem toe teruggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die burgers van die stad weggevoer en hulle aan die werk gesit met saag, ysterbeitel en byl. So het hy teenoor al die Ammonitiese stede opgetree. Daarna het hy en al die burgers na Jerusalem toe teruggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die mense wat daarin was, het hy uitgebring, en die stad met klipsae, ysterpikke en ysterbyle opgesny. So het Dawid telkens met al die dorpe van die Ammoniete gemaak. Toe het Dawid en al die manskappe na Jerusalem teruggekeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook die manne van die stad Rabba saamgeneem en hy het hulle laat werk, elkeen met 'n saag, 'n pik en 'n byl. Hy het dieselfde gedoen met die manne in al die Ammoniete se stede. Toe het hy en al sy manne teruggegaan na Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en van die inwoners slawe gemaak wat met saag, pik en byl vir hom moes werk. Dit het hy met die inwoners van al die Ammonitiese dorpe gedoen. Daarna het Dawid en al sy mense teruggegaan Jerusalem toe. |