1 Chronicles 20:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het die kroon van hulle koning van sy hoof af geneem en gevind dat dit 'n talent goud weeg, en daar was edelgesteentes in; en dit is op Dawid se hoof gesit, en hy het ook baie buit uit die stad gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid in Rabba aankom, het hy die kroon van die koning se kop afgehaal en dit is op Dawid se kop gesit. Die kroon was van goud met juwele daarin, en dit het 34 kilogram geweeg. Dawid het ook ’n baie groot buit uit die stad gevat.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.
Afrikaans 1983 het Dawid self gekom en die Ammonitiese koning se kroon van sy kop afgehaal. Dit was van goud, met 'n kosbare steen in, en die gewig van die kroon was sowat vier en dertig kilogram. Dit het nou op Dawid se kop gekom, en hy het ook 'n groot buit uit die stad weggeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Dawid het hulle koning se kroon van sy kop afgehaal en gevind dat die gewig daarvan 'n kikkar goud was, en dat daar edelstene in was. Dit is op Dawid se kop geplaas. Die buit van die stad wat hy weggevoer het, was besonder groot,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het die kroon afgehaal van hulle koning se kop. Die kroon was gemaak van een talent goud en daar was 'n mooi edelsteen op die kroon. Dawid het die kroon op sy eie kop gesit. Hy het baie goed uit die stad gevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid in Rabba aankom, het hy die Ammonitiese koning se kroon van sy kop afgehaal en op sy eie kop gesit. Die kroon was van goud, met ’n waardevolle edelsteen daarin. Dit het omtrent 34 kilogram geweeg. Hulle het ’n baie groot klomp skatte uit die stad weggedra