1 Chronicles 20:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat die jaar verby was, op die tyd dat konings na die oorlog uittrek, het Joab die mag van die leër uitgelei en die land van die kinders van Ammon verwoes en gekom en Rabba beleër. Maar Dawid het in Jerusalem gebly. En Joab het Rabba verslaan en dit vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende lente, die tyd wanneer die konings gaan oorlog maak, het Joab die Israelitiese leërmag gelei. Hulle het die stede en dorpe van die Ammoniete verwoes. In die proses het hulle die stad Rabba beleër en dit vernietig. Dawid het in Jerusalem agtergebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek. |
| Afrikaans 1983 | In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik uittrek om oorlog te maak, het Joab die leër uitgelei en die land van die Ammoniete verwoes. Daarna het hy Rabba gaan beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. Nadat Joab vir Rabba ingeneem en verwoes het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die jaarwending, wanneer die konings op veldtogte uittrek, het Joab die leërmag gelei en die land van die Ammoniete verwoes. Hy het die land binnegedring en Rabba beleër. Dawid het egter in Jerusalem agtergebly. Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was in die lente-tyd, die tyd wanneer konings gaan oorlog maak het. Joab het die leër gelei en hy het die land van die Ammoniete verwoes. Toe het hy die stad Rabba van al die kante aangeval. Dawid het in Jerusalem gebly. Joab het die stad oorwin en hy het dit verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende lente, in die tyd toe die konings gewoonlik oorlog gaan maak het, het Joab die leër van Israel na Ammon toe gelei. Hulle het die land geplunder en uiteindelik die hoofstad, Rabba, ingeneem. Dawid het egter in Jerusalem agtergebly. |