1 Chronicles 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van Karmi; Akar, die lasteraar van Israel, wat oortree het in die vervloekte saak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Akan seun van Karmi het ’n ramp oor Israel gebring toe hy van die buit gevat het wat vir die Here opsy gesit is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed. |
| Afrikaans 1983 | Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Karmi se seun was Agar, deur wie Israel in die ongeluk gestort is, omdat hy ontrou was met die bangoed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akar was 'n seun van Karmi. Akar het van die goed gevat wat aan die Here gewy was. Omdat hy dit gedoen het, het die Here baie van Israel se mense laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Karmi se seun was Akan. Hy het goed gevat wat die Here s’n was en so ’n ramp oor Israel laat kom. |