1 Chronicles 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Ammon het uitgetrek en die geveg voor die stadspoort opgestel, en die konings wat gekom het, was alleen in die veld.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Ammoniete se soldate het hulle in slagorde opgestel by die poort van die stad terwyl die ander konings hulleself in die oop veld opgestel het vir die geveg.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was.
Afrikaans 1983 Die Ammoniete het opgeruk en hulle gevegslinies voor die stad opgestel. Die konings wat hulle kom help het, was in die oop veld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Ammoniete het uitgetrek en gevegslinies by die ingang na die stad opgestel. Die konings wat gekom het, was egter op hulle eie in die veld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniete het uitgekom en hulle het gereedgestaan voor die poort van hulle stad. Die konings wat vir hulle kom help het, het op 'n ander plek in die veld gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Ammoniete het by die stadspoort gereed gestaan en die ander konings het hulle magte buite in die veld opgestel.