1 Chronicles 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het toe twee en dertig duisend strydwaens gehuur en die koning van Máäga en sy volk; wat gekom en laer opgeslaan het voor Medeba. En die kinders van Ammon het uit hulle stede bymekaargekom en in die oorlog gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook 32 000 waens gehuur, asook die koning van Maäka met sy leër. Hierdie magte het by Medeba uitgekamp waar die Ammoniete wat Ganun uit sy eie stede opgeroep het, by hulle aangesluit het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het vir hulle twee en dertig duisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.
Afrikaans 1983 Hulle het vir hulle twee en dertig duisend strydwaens gehuur. Daarmee saam het die koning van Maäka en sy leërmag gekom en hulle het regoor Medeba kamp opgeslaan. Die Ammoniete het ook bymekaargekom uit hulle stede en uitgetrek vir die oorlog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vir hulle twee-en-dertigduisend strydwaens, asook die koning van Maäga en sy manskappe, gehuur. Hulle het gekom en voor Medeba kamp opgeslaan. Ook die Ammoniete het uit hulle dorpe byeengekom en gekom om te veg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniete het 32 000 oorlogkarre gehuur, en hulle het ook die koning van Maäka en sy manne betaal om vir hulle te kom help. Die koning van Maäka en sy manne het gekom en hulle het hulle tente opgeslaan naby die stad Medeba, en die Ammoniete het uit hulle stede bymekaargekom om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het 32 000 strydwaens gehuur en die steun van die koning van Maäka gewerf. Hy het met sy soldate buite Medeba kamp opgeslaan, terwyl die Ammoniete uit hulle dorpe saamgetrek het om reg te maak vir die oorlog.