1 Chronicles 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die kinders van Ammon sien dat hulle vir Dawid 'n gruwel gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters te huur uit Mesopotamië en uit Aram-Maga en uit Soba. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid kwaad gemaak het. Ganun en die Ammoniete het toe 34 ton silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Aram-Nagarajim, Aram-Maäka en Soba te huur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotámië en uit Aram-Máäga en uit Soba te huur. |
| Afrikaans 1983 | Die Ammoniete het geweet dat hulle hulle by Dawid in onguns gebring het. Daarom het Ganun en die Ammoniete vier en dertig ton silwer gestuur om vir hulle by die Arameërs van Mesopotamië en by die Arameërs van Maäka en by Soba bemande strydwaens en 'n berede mag te huur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Ammoniete besef dat hulle hulleself veragtelik gemaak het by Dawid, het Ganun en die Ammoniete 'n duisend kikkar silwer gestuur om vir hulle strydwaens en spanne perde te huur in Aram-Naharajim, en by die Arameërs van Maäga en Soba. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Ammoniete het besef dat Dawid kwaad is vir hulle. Ganun en die Ammoniete het 1 000 talente silwer gestuur om manne op oorlogkarre en perde te huur om vir hulle te kom help, manne van die Arameërs van Mesopotamië, en die Arameërs van die stede Maäka en Soba. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid kwaad gemaak het. Koning Ganun en die Ammoniete het omtrent 34 ton silwer gestuur om strydwaens en bemanning by die Arameërs van Mesopotamië en Maäka asook by Soba te huur. |