1 Chronicles 19:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het sommige mense gegaan en vir Dawid vertel hoe die manne bedien is. En hy het hulle tegemoet gestuur, want die manne was baie beskaamd. Toe sê die koning: Bly in Jérigo totdat jou baard groot is, en keer dan terug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Dawid hoor wat gebeur het, het hy boodskappers gestuur om vir die manne te sê: “Bly in Jerigo totdat julle baarde uitgegroei het en kom dan eers terug.” Die ambassadeurs was verneder. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle heengegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hy bodes om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is toe daar weg, en die nuus oor die manne is aan Dawid meegedeel. Hy het toe boodskappers na hulle toe gestuur, want die manne was baie skaam. Die koning het laat weet: “Bly voorlopig in Jerigo totdat julle baard gegroei het en kom dan huis toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hulle vertrek het en daar aan Dawid berig gebring is oor die manne, het hy mense gestuur om hulle te ontmoet, want die manne was verskriklik verneder. Die koning het gesê: “Bly in Jerigo totdat julle baarde gegroei het, en kom dan terug.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het gegaan, maar hulle het baie verneder gevoel. Toe Dawid hoor wat met die manne gebeur het, het hy mense gestuur om hulle te ontmoet en vir hulle te sê dat hulle in Jerigo moet bly totdat hulle baarde weer gegroei het, daarna kan hulle terugkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het gehoor wat met hulle gebeur het. Hulle was te skaam om in die openbaar te verskyn en hy het vir hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer uitgegroei het. Dan kan julle terugkom.” |