1 Chronicles 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die vorste van die kinders van Ammon het vir Hanun gesê: Dink jy dat Dawid jou vader eer, dat hy troosters na jou gestuur het? het sy dienaars nie na jou gekom om die land te verken en om te werp en te verken nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het Ganun se adviseurs vir hom gesê: “Dink u regtig hierdie manne het gekom om u oor u pa te eer? Nee! Dawid het hulle gestuur om op die land te spioeneer sodat hy kan kom en dit verower!” |
| Afrikaans 1933/1953 | het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die land te deursoek en dit om te keer en te verken nie? |
| Afrikaans 1983 | het die leiers van die Ammoniete vir Ganun gesê: “Dink u werklik Dawid vereer u vader deur boodskappers te stuur om met u te simpatiseer? Het sy amptenare nie eerder na u toe gekom om die land deur te kyk en hier onrus te stook en inligting in te samel nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sê die •hoë amptenare van die Ammoniete vir Ganun: “Eer Dawid u vader, volgens u mening, omdat hy mense na u stuur wat meegevoel betuig? Is dit nie met die doel om inligting in te win en omver te werp nie? Sy amptenare het net na u gekom om die land te verken. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het die leiers van die Ammoniete vir Ganun gesê: “Wat dink jy, hoekom het hierdie amptenare na ons toe gekom? Dink jy Dawid het jou pa gerespekteer en daarom het hy mense na jou toe gestuur om vir jou te sê dat hy hartseer voel saam met jou? Nee, ons dink sy amptenare het gekom net om oral in die land te kyk en om planne te maak hoe hulle die stad kan aanval en verwoes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die boodskappers daar aankom, het die Ammonitiese familiehoofde vir Ganun gevra: “Dink jy nou regtig hulle is hier om Dawid se simpatie te betoon? Die eintlike rede is om die land te kom verken sodat hy dit vir homself kan vat.” |