1 Chronicles 19:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Arameërs het voor Israel uit gevlug; en Dawid het van die Arameërs sewe duisend man wat op strydwaens geveg het, en veertig duisend voetgangers gedood en Sofag, die leërowerste, gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weereens het die Arameërs voor die Israeliete gevlug. Hierdie keer het Dawid se soldate 7 000 trekperde en 40 000 soldate doodgemaak, insluitende Sobak, die hoof van die weermag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe duisend trekperde en veertig duisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het egter vir Israel gevlug. Dawid het sewe duisend van die strydwabemanning en veertig duisend voetsoldate van Aram om die lewe gebring. Hy het verder ook vir Sobak die hoof van hulle leër doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Arameërs het op die vlug geslaan voor Israel. Dawid het van die Arameërs seweduisend trekperde en veertigduisend van die voetsoldate doodgemaak. Sofak, die •aanvoerder van die leër, het hy ook doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Arameërs het weggevlug van Dawid. Dawid het die manne wat op 7 000 oorlogkarre was en 40 000 voetsoldate doodgemaak. Hulle het vir Sofak, die hoof van die leër, ook doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Arameërs het nog ’n keer die onderspit gedelf en vir die Israeliete gevlug. Dié keer het Dawid 7 000 strydwaspanne en 40 000 voetsoldate doodgemaak. Die bevelvoerder, Sobak, is ook in die geveg dood. |