1 Chronicles 19:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan Dawid is meegedeel; en hy het die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en hulle aangeval en die geveg teen hulle opgestel. En toe Dawid die geveg teen die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het gehoor wat gebeur het, en hy het die hele Israel gemobiliseer. Hulle het deur die Jordaan getrek en hy het sy soldate in gevegsformasie opgestel. Hy het die Aramese soldate begin aanval, en hulle het teen hom geveg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg. |
| Afrikaans 1983 | Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel bymekaargemaak en die Jordaan oorgesteek. Toe hy naby die Arameërs kom, het hy stelling ingeneem teenoor hulle. Pas het Dawid sy stellings teenoor die Arameërs reg gehad vir die geveg, of hulle val hom aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel byeengebring, die Jordaan oorgesteek, by die Arameërs aangekom, en gevegslinies teen hulle opgestel. Dawid het die linies teenoor die Arameërs opgestel vir die geveg, en hulle het teen hom geveg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het dit gehoor, en hy het al die Israeliete laat bymekaarkom. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en toe hy by die Arameërs kom, het hy gereedgemaak vir die oorlog. Toe hy dit doen, het die Arameërs teen hom oorlog begin maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het dit gehoor en die hele Israel vir oorlog opgeroep. Hulle het deur die Jordaanrivier getrek en die Aramese leër daar ontmoet. Dawid het sy soldate vir die geveg opgestel. Toe het die Arameërs aangeval. |