1 Chronicles 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Arameërs sien dat hulle voor Israel vererger is, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs wat oorkant die Eufraat was, uitgetrek; en Sofag, die leërowerste van Hadaréser, het voor hulle uit getrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Arameërs het nou besef dat Israel hulle behoorlik verslaan het. Toe het hulle weer ambassadeurs gestuur en nog meer Aramese soldate van oorkant die Eufraat gaan huur. Hierdie soldate was onder leiding van Sobak, die hoof van Hadad-Eser se weermag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Aramese state sien dat hulle deur die Israeliete verslaan is, het hulle afvaardigings gestuur om die Arameërs oorkant die Eufraat te laat kom, en Sobak die hoof van Hadad-Eser se leër het die leiding geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Arameërs sien dat hulle deur Israel verslaan is, het hulle boodskappers uitgestuur en die Arameërs wat anderkant die Rivier was, laat optrek. Sofak, die bevelvoerder van die leër van Hadad-Eser, was op die voorpunt. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Arameërs het besef dat die Israeliete hulle oorwin het. Hulle het boodskappers gestuur en hulle het die Arameërs laat kom wat anderkant die Eufraat-rivier gewoon het. Sofak, die hoof van die leër van Hadad-Eser, het hulle gelei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Arameërs het besef dat Israel hulle verslaan het. Hulle het toe dringend versterkings aangevra. Sobak, die bevelvoerder van Hadad-Eser se leër, het dadelik met soldate van oorkant die Eufraatrivier af kom help. |