1 Chronicles 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab en die manskappe wat by hom was, het nader gekom voor die Arameërs na die geveg; en hulle het voor hom gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Joab en sy soldate aanval, het die Arameërs begin weghardloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug. |
| Afrikaans 1983 | Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Joab en die manskappe by hom nader gegaan vir die geveg teen die Arameërs, maar hulle het voor hom uit gevlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab en sy manne het toe begin om oorlog te maak teen die Arameërs, en die Arameërs het gevlug vir hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab en sy manne het die Arameërs aangeval. Die Arameërs het geswig en gevlug. |