1 Chronicles 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hou goeie moed en laat ons dapper optree vir ons volk en vir die stede van ons God, en laat die HERE doen wat goed is in sy oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees vol moed! Laat ons ons krag gebruik om te veg vir ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen wat Hy wil!”
Afrikaans 1933/1953 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!
Afrikaans 1983 Wees dapper, ja, laat ons almal dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees dapper en laat ons ons inspan ter wille van ons mense en die dorpe van ons God. En die Here – wat goed is in sy oë, sal Hy doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet dapper wees, en ons sal ook dapper wees en goed veg vir ons volk en vir die stede van ons God. Die Here sal laat gebeur wat Hy wil hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Veg dapper! Laat ons dapper wees om ons volk en die stede van ons God te kan beskerm. En mag die Here se wil geskied!”