1 Chronicles 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die res van die volk in die hand van sy broer Abísai oorgegee, en hulle het hulle opgestel teen die kinders van Ammon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die res van die leër het hy onder die bevel van sy broer Abisai gesit, en hulle moes die Ammoniete aanval.
Afrikaans 1933/1953 Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.
Afrikaans 1983 Die res van die leër het hy onder aanvoering van sy broer Abisai geplaas en hulle teenoor die Ammoniete laat stelling inneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die res van die manskappe het hy geplaas onder bevel van Abisai, sy broer, en hulle teenoor die Ammoniete opgestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die ander manne vir sy broer Abisai gegee en hy het hulle laat gereedstaan om teen die Ammoniete te veg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res het hy onder bevel van sy broer Abisai geplaas. Hulle moes teen die Ammoniete veg.