1 Chronicles 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Joab sien dat die geveg van voor en van agter teen hom was, het hy uit al die uitgesoektes van Israel gekies en hulle teen die Arameërs opgestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Joab het gesien dat hy aan twee kante sal moet veg. Toe kies hy die beste soldate in sy leër en laat hulle onder hom veg. Hy het hulle uitgelei om teen die Arameërs in die oop veld te gaan veg.
Afrikaans 1933/1953 Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
Afrikaans 1983 Joab het opgemerk dat hy aan twee kante sou moes veg, voor en agter. Hy het toe 'n aantal van die beste manne uit Israel gekies en teenoor die Arameërs laat stelling inneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Joab sien dat daar gevegslinies voor en agter hom is, het hy 'n keuse gemaak uit al die keurtroepe in Israel en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het gesien hy sal op twee plekke oorlog moet maak. Hy het van die beste manne van Israel gekies en hy het hulle laat gereedstaan om teen die Arameërs te veg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het besef dat hy nou aan twee fronte sou moes veg. Hy het toe die beste vegters uitgesoek en hulle teenoor die Arameërs opgestel.