1 Chronicles 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net so het Dawid uit Tibhat en uit Chun, stede van Hadareser, baie koper gebring, waarmee Salomo die kopersee gemaak het en die pilare en die kopervoorwerpe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook baie koper gebring uit Hadad-Eser se stede, Tibgat en Kun. Later het Salomo dit gesmelt en vir die tempel gebruik. Hy het die kopersee, pilare en kopergereedskap daarvan gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak. |
| Afrikaans 1983 | In Tibgat en Kun, twee stede van Hadad-Eser, het hy op 'n groot hoeveelheid brons beslag gelê. Daarvan het Salomo die bronswaterbak, pilare en bronsware gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit Tibgat en Kun, stede van Hadad-Eser, het Dawid besonder baie brons gevat. Daarmee het Salomo die bronswaskom, die pilare en die bronsgereedskap gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het baie brons gebring uit Tibgat en Kun. Dit was twee stede van Hadad-Eser. Salomo het daardie brons gebruik en hy het die waterbak, die pilare en die brons gereedskap laat maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die stede Tibgat en Kun, wat aan Hadad-Eser behoort het, het Dawid ’n groot hoeveelheid brons vir hom gevat. Later het Salomo dit laat smelt om die reusebronsbak wat bekend was as die “see”, asook die pilare buite die tempel en die bronsgereedskap wat in die tempel gebruik is, te laat maak. |