1 Chronicles 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe wagposte in Aramasku gesit; en die Arameërs het Dawid se dienaars geword en geskenke gebring. So het die HERE Dawid so bewaar oral waar hy gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook verskeie wagposte in Damaskus, die Aramese hoofstad, gestasioneer. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en aan hom belasting betaal. Die Here het vir Dawid die oorwinning gegee waar hy ook al gegaan het.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Afrikaans 1983 Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het by die Arameërs van Damaskus garnisoene geplaas. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en moes belasting betaal. Die Here het Dawid te hulp gekom oral waar hy gegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het manne by die Arameërs van Damaskus laat bly om wag te staan. Die Arameërs moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe beheerpunte in Damaskus, die Aramese hoofstad, opgerig. Daarna was die Arameërs Dawid se onderdane. Hulle moes belasting aan hom betaal. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al oorlog gemaak het.