1 Chronicles 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend ruiters en twintig duisend voetgangers geneem;
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het van hom 1 000 strydwaens, 7 000 perderuiters en 20 000 voetsoldate gevang. Hy het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, behalwe vir 100 trekperde.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
Afrikaans 1983 Van hom het Dawid 'n duisend strydwaens, sewe duisend oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het van hom 'n duisend trekperde, seweduisend van die strydwabemanning en twintigduisend voetsoldate gevange geneem. Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgekap; hy het net honderd van die trekperde laat oorbly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het 1 000 oorlogkarre, 7 000 manne op perde en 20 000 voetsoldate van Hadad-Eser gevat. Dawid het al die perde se hakskene laat sny, die perde wat die oorlogkarre getrek het. Hy het net genoeg perde laat oorbly om 100 oorlogkarre te trek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het 1 000 strydwaens vir hom gevat, asook 7 000 man van die strydwabemanning en 20 000 voetsoldate. Hy het al die perde, behalwe 100, se hakskeensenings afgekap sodat hulle nie kon werk nie.