1 Chronicles 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het Hadaréser, die koning van Soba, tot by Hamat verslaan toe hy gegaan het om sy heerskappy by die Eufraatrivier te bevestig.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe koning Hadad-Eser van Soba uitmarsjeer het om sy mag al langs die Eufraat te versterk, het Dawid ook die soldate van Hadad-Eser tot so ver as Hamat verslaan.
Afrikaans 1933/1953 Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
Afrikaans 1983 Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba in die rigting van Hamat verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het ook Hadad-Eser, die koning van Soba, by Hamat verslaan toe dié gegaan het om sy mag aan die Eufraatrivier te vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het na die Eufraat-rivier gegaan om sy gedenksteen weer regop te sit. Hy het vir Hadad-Eser seun van Regob oorwin. Hadad-Eser was die koning van die land Soba naby die stad Hamat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het ook vir Hadad-Eser van Soba tot so ver as Hamat verslaan. Hadad-Eser was juis op pad om sy greep op die gebied langs die Eufraatrivier te versterk.