1 Chronicles 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het wagposte in Edom aangestel; en al die Edomiete het Dawid se dienaars geword. So het die HERE Dawid so bewaar oral waar hy gegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het wagposte deur die hele Edom geplaas, en al die Edomiete het Dawid se onderdane geword. Dit was nog ’n voorbeeld van hoe die Here aan Dawid die oorwinning gegee het waar hy ook al gegaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. |
| Afrikaans 1983 | en in Edom besettingsposte ingerig, sodat die hele Edom onderhorig aan Dawid geword het. Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het in Edom wagposte geplaas en al die Edomiete het onderdane van Dawid geword. Die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy gegaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het manne by die Edomiete laat bly om wag te staan, en al die Edomiete moes vir Dawid werk. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe beheerpunte in Edom opgerig. Daarna was die Edomiete Dawid se onderdane. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al gaan oorlog maak het. |