1 Chronicles 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook het koning Dawid dit aan die HERE gewy, met die silwer en die goud wat hy van al hierdie nasies gebring het; uit Edom en uit Moab en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en uit Amalek.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Dawid het al hierdie geskenke aan die Here geheilig, en so ook al die silwer en die goud wat hy afgeneem het van die nasies wat hy onderwerp het. Dit was Edom, Moab, Almon, die Filistyne en Amalek.
Afrikaans 1933/1953 Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
Afrikaans 1983 Koning Dawid het dit alles aan die Here gewy, en so ook die silwer en goud wat hy van al die nasies weggevoer het, van Edom, Moab, die Ammoniete, die Filistyne en Amalek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook dit het koning Dawid aan die Here gewy, saam met die silwer en goud wat hy by al die nasies gevat het – by die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Dawid het hierdie presente ook aan die Here gewy. Dawid het voorheen ook die silwer en die goud gewy wat hy van die ander volke gevat het en na sy land gebring het. Hy het dit gevat van die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Dawid het hierdie geskenke ook vir die Here gegee. Hy het dit ook met al die silwer en goud gedoen wat hy van ander volke afgeneem het, soos die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.