1 Chronicles 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp en Gat en sy stede uit die hand van die Filistyne geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het Dawid die Filistyne onderwerp en hulle verneder toe hy Gat met sy omringende dorpies verower het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Dawid die Filistyne verslaan en onderwerp. Hy het Gat en sy buitedorpe afgeneem van die Filistyne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Tyd daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle verneder. Hy het Gat en die omliggende dorpies van die Filistyne afgeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later het Dawid die Filistyne heeltemal oorwin. Hy het die stad Gat vir hom gevat en ook die dorpe daar naby wat aan die Filistyne behoort het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het Dawid die Filistyne verslaan. Hy het die stad Gat met sy omliggende dorpies ingeneem. |