1 Chronicles 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal vir my volk Israel 'n plek inrig en hulle plant, en hulle sal in hulle plek woon en nie meer wankel nie; en die kinders van goddeloosheid sal hulle nie meer verwoes soos in die begin nie,
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek het ’n permanente blyplek vir my volk Israel gegee en hulle daar gevestig, ’n veilige plek waar hulle nie langer gepla sal word nie. Dit sal hulle eie land wees waar bose nasies hulle nie soos in die verlede kan verdruk nie,
Afrikaans 1933/1953 en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie,
Afrikaans 1983 Ek het 'n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vir my volk Israel, 'n plek aanwys; Ek sal hom plant, en hy sal op sy plek woon en nie weer beef van angs nie. Skurke sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ék het vir my volk Israel 'n plek gegee om te woon, en hulle woon in hulle eie land. Niemand pla hulle nie, en slegte mense laat hulle nie meer swaarkry nie soos voorheen
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en Ek sal vir Israel ’n land gee waar hulle rustig kan woon. Hulle vyande sal hulle nie meer teister soos vroeër