1 Chronicles 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, nou, so moet jy aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek het jou van die skaapstal af weggeneem, ja, agter die skape af, dat jy heerser oor my volk Israel sou wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan sê dan vir my kneg Dawid: So sê die Here, die Almagtige: Ek self het jou gekies om my volk Israel te lei toe jy nog maar in die veld skape opgepas het.
Afrikaans 1933/1953 So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.
Afrikaans 1983 “Nou moet jy vir my dienaar Dawid sê: So sê die Here die Almagtige: Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggevat om oor my volk Israel te heers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so moet jy sê vir my dienskneg, vir Dawid, “ ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Ek is die Een wat jou uit die weiveld agter die kleinvee weggeneem het om 'n leier te wees oor my volk Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet jy vir my dienaar Dawid sê dat Ek, die Here wat oor alles regeer, sê: Dit is Ék wat jóú weggeneem het uit die weiveld by die skape en bokke. Ek het jou daar weggeneem om koning te word oor my volk Israel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan sê vir my kneg Dawid: Hier is die Here, die Groot Bevelvoerder, se boodskap vir jou: Ek het jou self gaan haal waar jy ’n herder met jou skape in die veld was en jou leier gemaak van Israel, my volk.