1 Chronicles 17:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waar ek ook al met die hele Israel gewandel het, het ek 'n woord gespreek aan een van die regters van Israel wat Ek beveel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom het julle nie vir my 'n huis van sederhout gebou nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nie een keer teenoor Israel se leiers, my volk se herders, gekla nie, waar Ek ook al gegaan het. Ek het hulle ook nooit gevra nie: ‘Waarom het julle nie vir My ’n pragtige sederhouttempel gebou nie?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele Israel, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie? |
| Afrikaans 1983 | Het Ek ooit terwyl Ek saam met die Israeliete rondgeswerf het, vir een van die leiers wat Ek beveel het om die leiding van my volk Israel op hom te neem, gesê: ‘Waarom bou julle nie vir My 'n huis wat met sederhout versier is nie?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het Ek ooit, oral waar Ek in die hele Israel rondgetrek het, met een van die rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, die saak aangeroer en gesê, ‘Waarom het julle nie vir My 'n huis van sederhout gebou nie?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het saam met die Israeliete gegaan, maar Ek het nooit gekla by een van die leiers wat Ek gekies en aangestel het om vir my volk Israel 'n herder te wees nie. Ek het nooit gevra dat julle vir My 'n tempel moet bou van sederhout nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het Ek ooit vir enigeen van die leiers wat Ek oor Israel aangestel het, gevra: Waarom bou jy nie vir My ’n sederhouttempel nie? |