1 Chronicles 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek het nie in 'n huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie; maar het van tent tot tent gegaan en van die een tabernakel na die ander. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanaf die dag dat Ek Israel uit Egipte gelei het tot vandag toe het Ek nooit in ’n tempel gewoon nie. My huis was nog altyd ’n tent, terwyl Ek van een plek na die volgende gegaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel. |
| Afrikaans 1983 | Van die dag af dat Ek Israel hierheen laat trek het tot vandag toe het Ek nie in 'n huis gewoon nie. Ek het van tent na tent en van woonplek na woonplek gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het, vanaf die dag dat Ek Israel laat optrek het uit Egipte tot vandag toe, mos nie in 'n huis gewoon nie. Ek was van die een tent na die ander, van die een woonplek na die ander. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê dit, want Ek het nie in 'n tempel gewoon nie, vandat Ek die Israeliete hiernatoe gebring het tot nou toe. Ek het gegaan van een tent na 'n ander tent en na die tempel-tent. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het nog nooit sedert Ek Israel uit Egipte gelei het tot nou toe, in ’n tempel gebly nie. Ek het al die tyd, van plek tot plek, in ’n tentheiligdom gebly. |