1 Chronicles 17:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën, dat dit vir ewig voor U aangesig kan wees; want U seën, HERE, en dit sal geseënd wees tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het U behaag om my en my familie te seën sodat ons koningshuis vir altyd voor U sal bestaan. Want wanneer U seën, o Here, is dit ’n ewige seën!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees. |
| Afrikaans 1983 | U dring daarop aan om die huis van u dienaar te seën, dat dit vir altyd in u diens sal wees. U, Here, het geseën; daarom is dit vir altyd geseën.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het nou besluit om die huis van u dienskneg te seën sodat dit vir altyd voor U sal wees. Omdat U, Here, dit geseën het, is dit vir altyd geseën.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het nou begin om dit goed te laat gaan met u dienaar se koningshuis, sodat hulle altyd sal regeer en U sal dien. Want, Here, U het gesê dit sal goed gaan, en daarom sal dit altyd goed gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het besluit om my koningshuis te seën, sodat daar altyd een van my nakomelinge op die troon sal wees. Aangesien U dit geseën het, is dit ’n seën vir altyd.” |