1 Chronicles 17:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U, my God, het aan u kneg gesê dat U vir hom 'n huis sal bou; daarom het u dienaar in sy hart gevind om voor U aangesig te bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “O my God, ek was dapper genoeg om hierdie gebed tot U te bid omdat U openbaar het dat U ’n huis vir my sal bou, ’n ewige koningshuis! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid. |
| Afrikaans 1983 | “My God, U het nadruklik vir u dienaar gesê dat U vir hom 'n huis sal vestig, en daarom het u dienaar die vrymoedigheid gehad om sy gebed tot U te rig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want U, my God, het aan u dienskneg geopenbaar dat U vir hom 'n huis sal bou. Daarom het u dienskneg dit moontlik gevind om voor U te bid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want U, my God, dit is U wat vir my, u dienaar, gesê het dat U 'n koningshuis vir my sal bou. Dit is hoekom u dienaar hierdie gebed tot U kon bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “My God, ek het die vrymoedigheid om so te bid, omdat U aan my geopenbaar het dat U vir my ’n huis gaan bou, ’n koningshuis wat vir altyd sal aanhou! |