1 Chronicles 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dit ook bevestig word, dat u Naam tot in ewigheid groot gemaak kan word deur te sê: Die HERE van die leërskare is die God van Israel, 'n God vir Israel; en laat die huis van u kneg Dawid voor u aangesig vasstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 En mag u Naam altyd gevestig en geëer word sodat die hele wêreld sal sê: ‘Die Here, die Almagtige, is God oor Israel!’ En mag die koningshuis van u kneg Dawid in u teenwoordigheid gevestig wees.
Afrikaans 1933/1953 Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.
Afrikaans 1983 sodat dit vas kan staan en u Naam vir altyd groot kan wees as daar gesê word: Die Here die Almagtige, die God van Israel, Hy is God van Israel. Die nageslag van u dienaar Dawid bestaan voort voor U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat dit sal vasstaan, en u Naam vir ewig groot sal wees, en daar gesê sal word, ‘die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, is God vir Israel,’ en sodat die huis van u dienskneg Dawid bestendig sal wees voor U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet altyd dieselfde bly en belangrik wees, en die mense moet sê: ‘Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, is God oor Israel.’ En die koningshuis van u dienaar Dawid moet altyd regeer en hulle moet vir U dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit waar word, sal die hele wêreld U vir altyd vereer en sê: ‘Israel se God is die Here, die Groot Bevelvoerder.’ Mag die koningshuis van Dawid, u kneg, bly bestaan.