1 Chronicles 17:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want u volk Israel het U vir ewig u volk gemaak; en U, HERE, het hulle God geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het Israel gekies om u volk vir altyd te wees en U, o Here, het hulle God geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, HERE, U het vir hulle 'n God geword. |
| Afrikaans 1983 | U het u volk Israel vir altyd u volk gemaak. En U, Here, U het hulle God geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het u volk Israel vir U as 'n volk bestem vir altyd, en U, Here, het hulle God geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het u volk Israel 'n volk gemaak wat nog lank daar sal wees, want U, Here, het hulle God geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het Israel gekies om vir altyd u volk te wees en U, o Here, het hulle God geword. |