1 Chronicles 17:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, ter wille van u kneg en na u eie hart het U al hierdie groot dinge gedoen deur al hierdie groot dinge bekend te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ter wille van my, o Here, en volgens u wil het U al hierdie groot dinge gedoen en dit ook bekendgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, ter wille van u kneg en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak. |
| Afrikaans 1983 | U het hierdie groot ding gedoen, Here, ter wille van u dienaar omdat dit u besluit en wil was, en boonop het U al dié groot dinge aan u dienaar bekend gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, ter wille van u dienskneg, en volgens u wil het U hierdie hele groot saak uitgevoer, om so al die grootse dade bekend te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het besluit om dit vir u dienaar te doen en U het hierdie groot ding gedoen om vir u dienaar hierdie wonderlike dinge te sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, omdat U my liefhet en omdat U dit so wil hê, het U al hierdie groot dinge gedoen en dit bekendgemaak. |