1 Chronicles 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Dawid het gekom en voor die aangesig van die HERE gaan sit en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis dat U my tot hiertoe gebring het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Dawid het toe ingegaan en voor die Here gaan sit en gebid: “Wie is ek, Here God, en wat is my familie dat U my tot sover gebring het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? |
| Afrikaans 1983 | Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek, Here God, en wie is my nageslag dat U my so ver gebring het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Dawid het toe ingegaan en voor die Here gaan sit. Hy het gesê: “Wie is ek, Here God; en wie is my huis dat U my tot hier gebring het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Dawid het ingegaan in die tempel-tent en hy het voor die verbondskis gaan lê. Hy het gesê: “Here God, ek en my familie is nie belangrik nie. Hoekom het U so baie vir my gedoen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het in die teenwoordigheid van die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek en my familie, o Here God, dat U my so ver gebring het? |