1 Chronicles 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jou dae verby is dat jy moet gaan om by jou vaders te wees, sal Ek jou nageslag ná jou verwek, wat uit jou seuns sal wees; en Ek sal sy koninkryk bevestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy oud geword het en sterf, sal Ek een van jou seuns aanstel, en Ek sal sy koninkryk sterk maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jou tyd daar is om by jou voorvaders te rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jou tyd aangebreek het om na jou voorvaders te gaan, sal Ek jou nakomeling ná jou, een van jou eie seuns, na vore laat tree, en Ek sal sy koningskap vestig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jou tyd verby is en jy sterf, dan sal Ek een van jou eie seuns koning laat word, en hy sal lank koning wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy die dag sterf, sal Ek jou opvolger aanwys. Hy sal een van jou seuns wees en Ek sal sy koningskap sterk maak. |