1 Chronicles 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die tyd af wat Ek beveel het dat regters oor my volk Israel moet wees. En Ek sal al u vyande onderwerp. Verder sê ek vir jou dat die HERE vir jou 'n huis sal bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | selfs toe Ek rigters aangestel het om oor my volk te regeer. Ek sal al jou vyande onderwerp. “Ek verklaar nou vir jou dat Ek, die Here, vir jou ’n huis sal bou, ’n koningshuis. |
| Afrikaans 1933/1953 | naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor my volk Israel aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee ek jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig. |
| Afrikaans 1983 | toe Ek leiers oor my volk Israel aangestel het nie. Ek sal al jou vyande onderwerp. Ek maak aan jou bekend dat die Here vir jou 'n koningshuis sal vestig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos van die tyd af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Ek sal al jou vyande verneder. Ek maak aan jou bekend dat die Here 'n huis vir jou sal oprig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | in die tyd toe Ek leiers gekies en aangestel het oor my volk Israel. Ek het jou laat wen teen al jou vyande. “Nou sê Ek vir jou: Ek sal vir jóú 'n koningshuis gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | toe Ek rigters aangestel het om hulle te lei nie. Ek sal ook al jou vyande onderdruk. “Ek maak ook nou bekend dat die Here vir jou ’n huis, ’n koningsdinastie, sal opbou. |