1 Chronicles 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Asaf, die owerste, en naas hom Sagaria, Jeïel en Semíramot en Jehiël en Mattítja en Elíab en Benaja en Obed-Edom; en Jeïel met harpe en siters; maar Asaf het 'n geluid gemaak met simbale; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Asaf, die leier van die groep, het die simbale geslaan. Sy assistente was Sagaria, tweede in bevel, Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en siters bespeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het, |
| Afrikaans 1983 | Asaf was die leier, Sagaria was tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel, almal met harpe en liere. Asaf het die simbale geslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Asaf was aan die hoof, en tweede in rang was Sagaria. Daarna volg Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel, met harpe en liere. Asaf het die simbale laat galm, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Asaf was die hoof van hierdie Leviete, en die onder-hoof was Sagaria. Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel het die harpe en liere gespeel, en Asaf het die simbale geslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Asaf, die leier en Sagaria, tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en liere bespeel. Asaf het die simbale geslaan. |