1 Chronicles 16:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En saam met hulle Heman en Jedutun met trompette en simbale vir die wat 'n klank sou maak, en met musiekinstrumente van God. En die seuns van Jedutun was poortwagters.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hulle trompette, simbale en ander instrumente gebruik om lofliedere aan God te sing. Die seuns van Jedutun is as poortwagters aangestel.
Afrikaans 1933/1953 en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.
Afrikaans 1983 Heman en Jedutun was in beheer van die trompette en simbale en die ander instrumente om die lied ter ere van God te begelei. Die volgelinge van Jedutun was by die poort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By hulle, by Heman en Jedoetoen, was daar trompette en simbale vir die musikante, en instrumente vir die begeleiding van godsdienstige liedere. Die seuns van Jedoetoen was by die poort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Heman en Jedutun het trompette en simbale en ander musiek-instrumente by hulle gehad om musiek te maak wanneer hulle hierdie lied vir God gesing het. Jedutun se seuns was by die poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het op trompette en simbale gespeel en ander musiekinstrumente gebruik om die lofliedere te begelei. Jedutun se seuns was die hekwagte.