1 Chronicles 16:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En saam met hulle Heman en Jedutun en die ander uitverkorenes wat by name uitgespreek is, om die HERE te loof, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het ook Heman, Jedutun en die ander aangestel wat uitgesoek is om dank aan die Here te bring, “want sy getroue liefde duur vir altyd!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is; |
| Afrikaans 1983 | Saam met hulle het hy Heman en Jedutun en die ander manne wat gekeur en by name aangewys is, daar laat bly om die Here te loof: “Want aan sy liefde is daar geen einde nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saam met hulle was Heman en Jedoetoen en die res van die uitgesoektes wat by die naam aangewys is om die Here te prys met die woorde: “Vir ewig duur sy troue liefde!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met hulle was Heman en Jedutun en die ander Leviete, Dawid het hulle gekies en aangestel om vir die Here dankie te sê. Hulle het gesing en gesê: “Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By hulle was Heman, Jedutun en die ander wat spesifiek aangewys is om die Here se lof te besing, “want sy liefde hou vir altyd aan en aan”. |