1 Chronicles 16:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om gedurigdeur soggens en saans brandoffers aan die HERE te bring op die brandofferaltaar, en te doen volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het elke môre en aand die gereelde brandoffers aan die Here geoffer op die altaar wat daarvoor afgesonder is. Hulle het alles gedoen wat geskryf is in die bepalings wat die Here vir Israel gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het; |
| Afrikaans 1983 | om gereeld soggens en saans vir die Here brandoffers te bring op die brandofferaltaar, soos dit voorgeskryf is in die wet van die Here wat Hy Israel beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om deurentyd, soggens en saans, vir die Here brandoffers op die brandofferaltaar te bring, volgens alles wat voorgeskryf is in die wet van die Here wat Hy Israel beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moes aanhou om elke oggend en elke aand brand-offers op die altaar te bring, hulle moes dit doen soos dit geskryf is in die wette van die Here wat Hy vir die Israeliete gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moes volgens die Here se wet elke oggend en aand vir Israel brandoffers op die altaar vir die Here verbrand. |